Naakstudie

  • 0

Foto: Unsplash.com

Naakstudie 1
Ek het hemel toe gekyk
en jou oë ontwyk
die slanke silhoeët
wat jy naak loslaat brandmerk my geheue –
jou stem was nog nooit so verruklik
toe jy weet van my, en ek van jou
’n asemtog verklik
die soepelheid van twee vorme as een,
een wat neem een wat gee.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top