
Foto: Canva.com
Albatros
Raai-raai waar winde waai
oor die kaai en uit die baai,
kom jy tog so lig
van vêr uit jou vlug.
Oor ’n swartlakensee
met jou sweefvlerk dra jy my gedagtes mee;
en die sterre belig jou stilte vlug
oor die swartlakensee se kilte.
Damarasterretjies kan in jou skadu ween
asof jou vlerk die wêreld bedek teen reën,
en jou tog soos ’n seilvaart
na die bekende breek van branders
Is jou stilsweef ’n sonopkoms
’n geskakeerde refraksie
in die eb en vloei van getye,
van lewe en dood.


Kommentaar
Dankie aan Litnet!
Goed gedoen Morne