Albatros

  • 2

Foto: Canva.com

Albatros

Raai-raai waar winde waai 
oor die kaai en uit die baai, 
kom jy tog so lig 
van vêr uit jou vlug.

Oor ’n swartlakensee 
met jou sweefvlerk dra jy my gedagtes mee; 
en die sterre belig jou stilte vlug 
oor die swartlakensee se kilte.

Damarasterretjies kan in jou skadu ween 
asof jou vlerk die wêreld bedek teen reën, 
en jou tog soos ’n seilvaart 
na die bekende breek van branders

Is jou stilsweef ’n sonopkoms 
’n geskakeerde refraksie 
in die eb en vloei van getye, 
van lewe en dood.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top