
Foto: Canva
Roerloos
want soos jy in die môrestond bloei
skryf ek drome in die donkerte,
verbleik in vele kamers
vol duikers van ongenaakbare liefde,
sing ék
van jou roekelose roerloosheid,
teen ’n gedempte kréét
van ’n donkerswart skilderdoek

