
Foto: Canva.com
Klaaglied van ’n houtstoel
Is jy die stil-eensame-kraak
vandaar uit die eenkant hoek
wat na daeraad soek;
en waar sit meester met sy pyp en boek?
Maar tog is jy waar hy saans maaltyd deel
en soggens sy daeraad breek met spek en ham
en die blindeman met sy braille-vingers
oor jou meubelolieblad streel
Is dit tog nie jy-jy ...
waarop meester sy pyp aansteek
en jou krakende raam
die stilte bedot?
Maar is ek tog een,
een-eenders as ses,
waarvan elkeen op hul plek
om jou reghoekraam strek!
Is ons tog so vervreemd;
is jy en ek dan nie van hout
al is jou pote kort
en jou olie oud?
Maar steeds bly ek alleen,
soms voel ek koud
en my bene oud
al is ek en jy tog van hout
Al het ’n blom ’n kelk en steel
bly ’n blom ’n blom;
al het jy die hoek en ek die tee
is dit tog waar meester sy tyd bestee!


Kommentaar
Sjoe! Raak dit nou my hart. Pragtig!!
Baie goed, Morne.
Ek hou hiervan, as meubels maar rêrig kon praat. Mooi vergelyking.