Die kenmerke van illusie

  • 0

Foto: Canva.com

Dis ’n never-ending story of ’n reis 
na die goue stad 
die laaste bietjie vasklou, 
die smeer en trek van ’n gedempte kwas 
wat die silhoeët van ’n naakstudie was; 
’n stowwerige potjie op ’n rak 
’n verlore deuntjie op ’n dak, 
die dag se wolkies wat oor die bloutes koets 
’n hunkerhart wat polsend soek, 
na die vryheid van jeug 
die waaghals wat van sy looks vergeet, 
van droom 
om te waag – 
vlieg of selfs 
val, 
bo en behalwe als 
te vergeet 
van 
illusie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top