Digsondes
Al breek die kneukels
oor die ysters
en bloei die aorta leeg
is dit maar ’n fraksie pyn;
van vreemde verbergplekke
en metafisiese slaappondokkies
vol afgeswelde woorde,
eufemismes en klinkerende vokale
’n honger vanuit die diepste kelder,
met hande, duisende hande
wat soos broeikuikens kwinkeleer
om van ’n onskatbare kennis te leer.
Maar die buitebladskrif lees “Digsondes.”
doodhonger en verstrooid
daar is ligte gehang
maar geen tontel gevind.
Kommentaar
Wow, ek hou veral van jou slotvers baie, goeie woordspeling.
Mooi beelde, Morne.
Baie dankie, Driekie en Theresa, en dankie aan die plasing van die gedig, LitNet.