
Foto: Canva.com
Bring vir my die nag
Bring my die nag
in sy donker praal
waar winde dwarrel dwaal
en jou oë smekend tuur
soos twee sterre in ’n ruimtesfeer
keer op keer vir mekaar in lyftaal lonk.
Wild is die nag, vuur en vlam
wild soos ek wag
om jou té vang.
Bring my die nag
donker in sy praal
waar winde dwarrel dwaal
en ék die wildheid
uit jou kom haal.
Bring my die nag
met sy swart sluier helder hunkermaan
waar my vingers woorde soek
grensloos oor die taal van jou lyf
en jou kurwes gebrandmerk in palms;
O’gattatjietog gee my nog!


Kommentaar
Lanklaas so lekker gelag as by jou slotreël - gee die hond meer van daai wind!
(dit trek 'n duk vet streep deur al die pretensie, die swaarmoed, die holruggeryde pogings
om tog ó so intens graag ook net 'n SKRYWER, 'n DUHGTER te wil word/wees/te geraak...)
Anna de Wilde dankbaar vir jou kommentaar en saam lees dit is voorwaar 'n voorreg om te kan skryf.
Dit is maar 'n innerlike reis in 'n boot vol woorde om tot die lig te kom.