Menswees

Foto: Canva
sewe dae se slaap is nodig
om die sondes
die aangetaste betaste vervuiling
van menswees te suiwer
drie dae se gee is nodig
om die vraatsigheid
die verbruikersroet
van menswees te suiwer
agthonderd en agt jammers is nodig
om die verharding
van jou hart
se brosheid te suiwer
vyf en vyftig dae van herinneringe is nodig
om verby die TV-kasmentaliteit
van jou eie gyselaarsdrama
tot selfbevryding te kom
maar net een dag van volkome liefde,
een dag van volkome meditasie,
een dag van stil wees, roerloos wees
is nodig om jou volkome menswees te vind


Kommentaar
Uitstekend, Morné.