Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Dubbelbindkind
2020-09-18"liefde wat straal, skeur
’n prentjie rooskleurig met bloed besmeer
en die raam skeeftrek met hamer en soen"
Bring vi my die lente
2020-09-15"En as djy op ’n dag ’n drai kô maak
Doen tog vi my ’n favour
(Want ek hettie krag vi nóg drama nie)
Los groot asseblief die winter daa
En bring vi my die lente saam"
Watergraf
2020-09-15"eensaam alleen gooi sy haar hande na bo
in die fynsproeitrane
van die oseaan ..."
Maankompas
2020-09-14"in skemerlig se swart agaat
splinterster ver-
gesigte
wat struikel
en verskiet"
Laaste reis
2020-09-09"Ek sal verby Nuwerus en Bitterfontein kronkel,
vir ’n oomblik onder ’n doringboom gaan rus
voordat ek die laaste grens oorsteek"
Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou?
2020-09-08Wil jy geld of boeke wen? LitNet wil weet: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Ons gee ’n kontantbedrag van R500 aan die beste inskrywing en LAPA Uitgewers sal vir drie deelnemers elkeen ’n boekpakkie stuur.
Skoonma
2020-09-08"’n Ongedurige skoonma is nie ’n ding waarmee ’n man sukkel nie. Soos dit toe ook nou gebeur, kry ek vermoedelik die duiwel se eie sussie vir ’n skoonma, en ek en sy kan van meet af aan nie vatplek kry aan mekaar nie."
Hoe liggies dans my masker in die aandwind
2020-09-07"dink jy as als verby is sal jy my kan teruggee,
my eindelik weer kan oorlaat aan my eie gesig?"
Mma Africa
2020-09-03"Jy hoort by ’n wêreldkongres –
hervormer, strateeg, raadgewer, planmaker, volharder."
’n Vers vir Pa
2020-08-31"Jou woorde smeer nie konfyt op geleende brood nie
Ons koskaste stel nie belang in sonnette en hul prys nie
Hongerpyne praat harder as goed-afgeronde strofes"
tranedal
2020-08-27"plaasgrond was hier met vreemde voet betree
onder flonkerende sterre speel dit af
sondes van die vaders word skunnig verspil
naby god se stilte"
Eva, ek hou van jou!
2020-08-27"Waaghalsig – dís hoe ek van Evas hou
want waar vrouevoete waag
word branders en woestyne
horisonne sonder einde"
Mentor Rachelle Greeff sien uit na LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-27"Skryf is skryf is skryf, het Deon Meyer vroeër vanjaar vir studente gesê. Dit moet helder, opwindend, energiek, interessant en prikkelend wees, want jy wil jou leser verlei om enduit te lees. En dit geld vir fiksie en niefiksie."
Ons hou begrafnis
2020-08-26"Toe kry ons die nuus – ouma Marie is oorlede en ons moet almal begrafnis toe. Niemand is besonder lus om te gaan nie want sy was maar ’n moeilike entjie mens, nie besonder geliefd nie. Maar, plig is plig en reëlings word dus getref."
Die heks van Gelukspoort
2020-08-26"Dit is natuurlik koningskos vir die skinderbekke. 'Ou Arrie is soos ’n uit tyd uit bokram wat ’n nuwe ooi geruik het,' verkondig die giftonge dit as die heilige evangelie."
Ma, waar is Ma nou?
2020-08-21"Die snaakse gevoel as jy by die graf sit en dit voel nie of Ma daar is nie. Sy het nogal ’n sterk teenwoordigheid gehad, jy het van haar geweet."
Aansoeke ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-21Aansoeke word ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos aangebied word.
Thomas Mann
2020-08-19"agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen"
