
Francois Smith en Henning Pieterse
(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler?
Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith. Dit is ook ’n volledig akademiese kursus waarvoor kandidate teoretiese modules op magistervlak moet slaag. Die gestruktureerde aard van die kursus maak dit moontlik dat dit gevolg kan word deur kandidate sonder ’n volledige honneurskwalifikasie in tale.
Die kursus strek oor twee jaar, waarvan die eerste jaar hoofsaaklik gewy word aan ’n toegepaste teoretiese begronding (’n kursus in literêre stilistiek en ’n navorsingskomponent) en die tweede jaar aan die skryfpraktyk, dit wil sê die afronding van ’n manuskrip gedurende interaktiewe werksessies.
Die fokus van die gestruktureerde M.A. is oorspronklike literêre skryfwerk en literêre vertaling, en tekste in enige genre mag aangebied word, fiksie sowel as niefiksie, populêr sowel as literêr, prosa sowel as drama en poësie.
Die kursus word in werksessieformaat op kampus aangebied.
Volledige inligting oor onder meer keuring, registrasie en voorvereistes is te kry by:
Of stuur ’n e-pos aan een van die volgende adresse: smithfah@ufs.ac.za, pietersehj@ufs.ac.za of meiringi@ufs.ac.za
Sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2021: 30 Oktober 2020


Kommentaar
Uitstekende kursus. Ongelukkig net haalbaar vir nie-werkende geagradueerdes wat klasse op kampus kan bywoon en kan bekostig om vir elke kontaksessie na Bloemfontein te vlieg. Dit akkommodeer hoogstens studente van die Vrystaat.
Waarom word die kursus nie aanlyn aangebied nie? Daar is soveel studente wat belangstel hierin. Aanlyn. Virtueel. Dit is 2020.
Dankie dat ek nie alleen met die probleem worstel nie. Ek is 'n oud-Kovsie en stel belang om die MA-kursus 8n Kreatiewe skryfkuns aan die universiteit te volg.