
Foto: Canva.com
Vlinderkind
vlinderbroos het jy
(net voor middernag)
uit jou geborge kokon
skril die wêreld begroet
nooit tóé kon wis
dat jou vlerke
anders verweef is
dat jy nie soos die rigiede norm
sal kan dartel van blom tot blom
maar jou nektar sal vind
deur windop te beur –
jou unieke vlerkspan
versterk vir legio uitdagings
vlinderkind –
saam met jou sal ek
nuwe vreugdes vind
waarin ons kan skuil
ek sal jou –
kokon teen verset
harnas teen verbanning
en met liefde en trots
anker aan die Rots


Kommentaar
pragtige vers, die broosheid tasbaar
Dit is pragtig verwoord Driekie. Die 'anders' is wat hulle so spesiaal vir ons maak.
Dankie, Amanda, baie waar wat jy sê.
Baie dankie, Theresa, waardeer opreg jou lees en kommentaar.
Dis die mooiste pragstuk, 'n gedig wat klink soos liedere in 'n mens se hart en siel, weens soveel emosie, prag en lewensuitkyk.
Baie dankie, Lizelle, waardeer jou mooi woorde opreg.