Was gewees
2025-10-09"Eendag in hierdie tyd
sal ons moet besin en besluit
waar ons die laaste
skof gaan slyt..."
Haar nalatenskap
2021-04-30"maar dis in haar nalatenskap
waar suiwer waarde bot
saad wat sy gesaai het
ontkiem
en nou tot waskom blom"
Hen met kuikens
2021-04-21"as moederplant
my opgelegde taak
om jul in voedsame grond
geanker te hou
teen elke stormwind te bewaar"
Liefdesfleur
2021-03-10"kom verwarm my hart se treur
van hierdie wintervries
en vou my toe in genade"
Fees vir die aasvreters
2020-12-10"ongenooid kom neem hul plaas
aan die tafel van my gemoed
maak hul ongevraagd tuis"
Bosveldbederf
2020-11-26"wanneer die storm uitgewoed is
en bosloeries hul danklied aanhef
eggo dit gul deur die kampwerf"
Erupsie
2020-11-13"klippies in my skoen
wat nerwe skuur
laat klein jakkalsies toe
om die wingerd te verniel"
Jakarandastad
2020-10-29"noudat die eerste somerreën
die aardkors deurweek het
die dorre winterdoodsheid
kom balsem het"
Eerste somerreën
2020-10-20"noudat die eerste somerreën geval het
wil ek vrybreek uit hierdie beknelling
om welriekend in geur en kleur
opnuut baldadig te kan blom"
Koeksisterliefde
2020-10-16"ons lewe
lê saamgevleg
oor baie jare heen
geknie, gebrei, gely
deur ongenadige lewensloop"
Vlinderkind
2020-10-12"dat jy nie soos die rigiede norm
sal kan dartel van blom tot blom
maar jou nektar sal vind
deur windop te beur"
Kleintyd se onthou
2020-09-29"geen TV, internet of lastige fone
slegs ure se lag en gesels
onder die druiweprieel"
Vergifnis
2020-09-29"nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi reuklose blomblare
hef dan in vergifnis aan …"

