
Foto: Canva
toe blare volop was
het jy my gereeld opgesoek
gereeld onder my skadu kom rus
die soet van my vrug
met welbehae verorber
maar noudat blare yl word
my vrug verskraal
bly jy aanstellerig weg
laat my voel ek’s waardeloos
onthou …
winter is onvermydelik
die lot van elke mens
eendag sal jou gees ook verwinter
mag geliefdes jóú dan nie versaak.


Kommentaar
Ai Driekie, weereens so 'n pragtige lewensles. Dankie.
Baie dankie, Mich, waardeer jou lees en positiewe kommentaar opreg.
My hart geraak en so waar! Baie dankie!