
Foto: Canva.com
Fees vir die aasvreters (depressie)
ongenooid kom neem hul plaas
aan die tafel van my gemoed
maak hul ongevraagd tuis
in die aansien van my oordeel
sleep vlerk oor my denke
en kwyl toksien oor my wil
met onlogiese wenke
aas aan my selfbeheersing
verslind my selfagting
en trap bloedspoor oor logika
hoe dan het dit gebeur
dat ek my gemoedstafel
so kon oopstel
as feesmaal
vir die aasvreters?


Kommentaar
Puik gedig Driekie
Baie goed gestel, so baie mense vandag het te doen met hierdie aasvreters wat net alles wat mooi is in ons lewens kom bederf met hulle stink asems. Tog niks in die lewe gebeur ooit verniet nie.
Baie goeie gedig! Puik geskryf!!
Treffend.
Dankie Anze en Johan, waardeer opreg julle lees en kommentare.
Dankie Theresa en Gustaf vir julle lees en kommentaar, word opreg waardeer.