
Foto: Canva
verlore skapie
doelloos dwaal jy rond
blêrend in protes
teen onreg en wanbegrip
soekend na rigting en leiding
tussen dié wat jou wil verslind
daar skuil onrus in jou oë
en weerstand in jou mond
worstelend teen gesag
laat jy toe dat die vrug van kwaad
geilend blom in jou gemoed
draai terug na die lig
volg die Kompas van waarheid
sodat jy weer
die regte pad kan vind
luister na die roepstem van vrede
kom versadig jou aan waters van rus
want jou waarde is ongekend
te kosbaar om toe te laat
dat ander dit skend


Kommentaar
Baie mooi, Driekie, dit is maar soms ons almal.