Hen met kuikens

  • 10

Foto: Unsplash.com

Hen met kuikens

soos ’n hen met kuikens 
is jul aan my vasgestring 
beskut hier in die skadu 
van die ou akkerboom

vanuit my waakkring 
en deur my voedingsaar 
gedy jul 
vanuit my waardestring 
met een lewensdoel 
om jul fokus 
na die regte gang te lei

as moederplant 
my opgelegde taak 
om jul in voedsame grond 
geanker te hou 
teen elke stormwind te bewaar 
sodat jul vry en vrolik 
as jongeling kan baljaar

om eendag groot en sterk te word 
self vastrapplek te kry 
in eie stukkie waardegrond 
jul wortels diep in te stoot 
te groei tot eie moederplant 
om weer kuikens voort te bring 
en so te voltooi 
die lewenskring

  • 10

Kommentaar

  • Driekie+Grobler

    Dankie, Anze, Johan en Salvia, waardeer julle lees en kommentaar. Die foto pas nie eintlik by die gedig nie, want die gedig is geskryf met die plant wat ook genoem word hen met kuikens in gedagte 🙂

  • Magda Laurens

    Dit is so ongewoon pragtig ... die meeste mense weet hoe lyk 'n hen-met-kuikens-plant, maar jy sien hoe jy 'n kind opvoed om eendag selfstandig sy ding doen. Net soos die plant.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top