
Foto: Canva.com
Liefdesfleur
kom vlei jou naas my neer
hier in die waai
van die somerbries
waar ons vry kan wees in vlug
sonder denkvermoë
se onthoudingsklug
kom verwarm my hart se treur
van hierdie wintervries
en vou my toe in genade
van liefdesfleur
sodat my vleuel versterk
en ek weer baldadig
(saam met jou)
die lugruim kan skeur


Kommentaar
Dis mooi en nostalgies, Driekie. wel gedaan.
Lieflike, sagte vers. Baie geluk Driekie.
pragtige een!
Baie dankie Anze, Drienie en Theresa, waardeer julle lees en kommentaar.
Die woorde klink sag romanties. Mooi geskryf.
Baie dankie, Laantie, ek waardeer jou lees en kommentaar.