
Foto: Canva.com
Haar nalatenskap
In die lelie van haar nag
het sy steeds geblom
haar taak hier op aarde
tot vervulling gekom
in lewe was sy onsigbaar
’n skugter plant
wat in die skadu’s rank
onsigbaar haar doen en late
onmisbaar haar liefdesdade
omgee haar grootste bate
maar dis in haar nalatenskap
waar suiwer waarde bot
saad wat sy gesaai het
ontkiem
en nou tot waskom blom


Kommentaar
Ek het daarvan gehou om hierdie gedig te lees.
Baie mooi.
Pragtige gedig.
Pragtig!
So mooi!
Dankie almal vir die kommentare en lees van die gedig, dit word opreg waardeer.