Driekie Grobler

Gebore in Vryburg. Matrikuleer aan Hoërskool Die Kruin, Parktown, Johannesburg. Na 35 jaar in die korporatiewe wêreld het ek bedank om my droom, om te kan skryf, uit te leef voordat ek te oud word daarvoor. My debuut digbundel het verskyn in Nov 2013. My tweede bundel is tans by die drukkers. In 2013 was ek 'n kategoriewenner by die GHA (Die Genoodskap vir die Handhawing van Afrikaans) se gedigtekompetisie en my wengedig verskyn in die 2014 Bruidsgids. Hanteer ook al die afgelope ongeveer 2 jaar my eie blog.

Die soet smaak van reis

Driekie Grobler Reis 2015-04-01 Om te reis is kraakvars, opwindend en smaakvol. Soos ‘n bloedrooi appel op die rak wat noukeurig uitgesoek word volgens begroting en behoefte. Versigtig teen die lig gehou word om deeglik ondersoek in te stel na swak of vrot plekkies. Die buitekant moet tog die inhoud so goed moontlik weerspieël. Dan oee en aaa mens […]
Top