Gevoetstuk
op baksteen en sement,
blindoog starend,
doofstom vermanend,
sielloos vasgevang
in koper, brons of klei.
In elke stad,
op elke plein,
oor die ganse wêreld heen …
staan, sit of lê hulle;
gevorm deur ‘n meesterhand
wat poog om vas te vang
die ikoniese nalatenskap
van eer en roem
standvas in beeld.
Mettertyd sal ook dit
verweer …
verval in waarde
en vervloë eer
sodat die grafstene
van gister se persepsies
ontvorm word,
weggerol word,
om plek te maak
vir nuwe toekomsverwagtinge,
gedryf deur nuwe aanvaardinge,
opstanding
tot vreedsaam transformeer.


Kommentaar
Op die punt af - ek hou van jou gedagte van transformasie ook, Driekie.
Dankie Marie, waardeer jou kommentaar, ons kan nie vir ewig stilstaan in die verlede nie.
Stof tot nadenke - geluk Driekie.