
Foto: Canva.com
Vergifnis
in die loopgraaf van my gemoed
skink ek vir oulaas ’n kelkie bloed
tussen vergeelde liefdeswoorde
lê vele vergete beloftes
verdwaal in rym en akkoord
want jou dade het dit weerspreek
jou hande tussen waarheid en leuen
verdwaal geraak
die teenoorgestelde begin praat
nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi reuklose blomblare
hef dan in vergifnis aan …
“Amazing grace …”


Kommentaar
pragtige gedig!!
Puik gedig hierdie Driekie
Baie dankie, Anze, waardeer jou lees en kommentaar
Baie dankie, Theresa, waardeer opreg
Dankie vir die bemoedigende woorde in die gedig.