Koeksisterliefde

  • 2

Foto: Canva.com

Koeksisterliefde

ons lewe 
lê saamgevleg 
oor baie jare heen 
geknie, gebrei, gely 
deur ongenadige lewensloop 
selfs ’n paar keer 
in warm stroop gedoop 
maar kon telkens oppop 
is deur ’n liefdevolle Vader 
uitgeskep en droog laat word 
deur alles heen 
kon ons liefde 
elke toets deurstaan 
soet en smaaklik bly 
so saamgevleg 
in eenword 
gedy

  • 2

Kommentaar

  • Louis du Plessis
    Louis du Plessis

    Watter gepaste beeld vir 'n verhouding wat gereeld "elke toets deurstaan" - 'n koeksister. Wow! So skerp waargeneem Driekie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top