
Foto: Canva.com
Erupsie
klippies in my skoen
wat nerwe skuur
laat klein jakkalsies toe
om die wingerd te verniel
ongevraagd wanorde te saai
om later hulpeloos (met spyt)
gewete te probeer paai
en wanneer die lont ontvlam
die krater fulmineer
word onskuldiges
verskroei, veras,
versaak


Kommentaar
Huh ...?
🙂 my uitbarsting van frustrasie