
Foto: Canva.com
Eerste somerreën
noudat die eerste somerreën
soos chrisma
die winterkors deurweek het
die dorre doodsheid
kom balsam het
smag ek na lentevryheid
na bottende lewe
en gul somersdae
gevul met blydskap en vreugde
want vir te lank was die retensie
die oorsaak van my erosie, maar
noudat die eerste somerreën geval het
wil ek vrybreek uit hierdie beknelling
om welriekend in geur en kleur
opnuut baldadig te kan blom


Kommentaar
Pragtig Driekie
mooi een Driekie!!
Pragtig baldadig!
Dankie, Anze, waardeer
Dankie Theresa en Estelle, waardeer opreg jul saamlees en kommentaar.
Baie, baie geluk, Driekie. Ons is baie trots op jou!
Baie geluk, Driekie. Ons is só trots op jou!
Aaah, baie dankie, Elsabe, waardeer opreg.