Deur die lens van ’n ander bril

  • 7

Foto: Canva.com

Deur die lens van ’n ander bril …

Deur die lens van ’n ander bril, 
lyk ek sterk en mooi – 
vreesloos vir die uitdagings wat die wêreld na my kant toe gooi 
Maar slegs my uiterlike liggaam is duidelik sigbaar vir ander …

Baie min mense sien en dra kennis van die storms wat binne-in my woed; 
min ken die twyfel wat my oorweldig soos ’n vloed 
Niemand verstaan die stryd wat ek veg om myself lief te hê; 
dit verg dikwels meer as om net die woorde “ek is lief vir myself”  
voor die spieël te sê

Dis nie altyd maklik om in myself te glo, 
fout op fout en verwerping laat my bewoë 
Moeilik soos dit is, sal ek steeds opstaan, 
ek sal aanhou probeer, harder werk en weet ek kan!

Ek laat my voete dans op die ritme van liedjies wat my opbeur, 
ek gaan nie meer bang wees om buite die lyne te kleur 
Ek sal glo en hoop en hoop en glo, 
want geloof is soos brandstof vir my enjin, 
wat dit rig na my vermoë

  • 7

Kommentaar

  • Louis du Plessis

    Hoe helder stel jy "uiterlik" teenoor "binne-in", en hoe vasberade beantwoord jy "verwerping" met "aanhou" én met "glo". Treffende kontrastering Kristy-Ann!

  • Dit is baie mooi geskryf. En as mens dit lees kan ’n mens dit voel. Elkeen van ons het die gevoel al ervaar

  • Pragtig Kris... Diep uit die hart. Ek sien myself in jou gedig. Word terselfdertyd ook bemoedig om ten spyte van die storms wat binne ons woed steeds aan te hou, vol te hou... Beste van als Goeie Moed te hou. Liefde en seënwense altyd. Uncle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top