Broos

  • 9

Foto: Canva.com

Broos

Klein blou sysie            
hoe graag wou          
ek jou in my meisie-
hande toevou

sonder skade of            
verniel jou veertjie-          
lyf so fyn,            
tingerig nes die jare            
wat verbyvlieg,

probeer ek jou vang            
in skadunet-wip met            
saadjies en ’n proppie        
vol water vir jou dors 

maar jare fladder        
verskrik verby,        
vasgevang in ’n strik
word ons oud

val die wip
die sysie morsdood.

  • 9

Kommentaar

  • Ronnie Cochius

    Ai Carla dit is so mooi. Dit is asof ek jou sien met die voëltjie wat jy probeer vang.

  • Elmarie van Kampen

    Dit is 'n pragtige gedig vol onskuld en dan die onverwagse einde. Ek hou baie hiervan. Welgedaan!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top