Winter

  • 0

Foto: Canva.com

Winter

Byte innie rient 
Staan ek en djy 
Met ós rugte na mekaa 
Nie een van ôs sê ietsie 
Ôs gedagtes wêk ootyd

As djy my net ’n kans wil gie 
Om alles te explain 
’n Kans om sorrie te sê 
Lat ek op jou gecheatit 
Miskien sallit die pyn
In my binneste ligter maak 

Ma nou wat djy beslyt het
Om ’n niewe begin te maak 
Is da niks wat ek kan doen 
Om die storm te kalmeerie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top