Monumentjies in self-storage

  • 2

Foto: Canva.com

Monumentjies in self-storage

Die monumentjies van ons liefde vergader stof in self-storage, 
my skat 
mot en roes 
vir maandelikse afkoopboetes verban 
tot halfwegstasies vir verlore drome 
tog, party ontsnap en oorleef 
as brose simbooltjies 
van ’n eeu wat kantel 
in ons jakarandastad.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top