
Foto: Canva.com
Hillbrow
in ’n doolhof van granietgeboue
onder puin en menslike afval
skuil die doodsengel
swarter as die nag
wraaksugtig wreed
kokaïenkloue soekend
na onskuld om te verslind
bind so nog ’n onskuldige siel
aan dié hel
tussen die rotpisreuke
word maagde vir daggazolle
verkoop verpand verbrand
onder misbruikte spuitnaalde
gebruikte kondome se stank
skarrel tot die kokkerotte weg
uit die verrotte helhool van die stad
dwalend deur grys granietgeboue
swaai die minotaur sy septer
as engel van die nag
sy bloedlus ken
geen keer nie
geen einde aan sy lus
soos die swart hond skelm
nader kruip om die
onskuld te verslind
in sy salpeterstinkende kloue
word siele wreed verpand
verkoop vir daaglikse oorlewing
in die verrotte helhool van die stad


Kommentaar
Ja Amanda ek onthou as kind toe daar eens nog klein "markies" was in Hillbrow en ons het gaan kuier vir my tannie sou ons daar 'n draai maak om te sien wat verkooop word, ongelukkig weens dwelms en swak regering is baie wat eens mooi was vandag met pisreuke vervuil.
Selfs die Moederstad is al vervuil, kyk maar net na die tuine, die duiwe is amper skolllies.
Dit is 'n baie swaar hartseer gedig.
Puik gedig hierdie Amanda
Mornè dit is so hartseer maar so waar!
Dit is baie werklik beskryf en baie raak gevat aan die toestand van die Brow, so rukkie gelede 'n kind daar gaan soek, o hel, wat 'n hel. Die stank en die ellende om net om die hoek die man met goue ringe en kettings om die net te ontmoet vir wie jy moet "verduidelik", wat jy in die hel soek want hierdie is sy plek. So bitter baie jammer maar dit is die relitieit van die agterstrate of die "slums" soos hulle dit maar noem. Die Brow waar die honde bly, die swartes met die glinster vir bloedlus in die oog.
Ek het in Johannesburg grootgeword en my skool was in Bramley, wat grens aan Hillbrow. Ons het altyd oor naweke van die koshuis as Hillbrow toe geloop en daar by 'n baie oulike koffiewinkeltjie koffie gaan drink en op die stoep sit en kuier. Dit is hartseer dat alles so verval het in onheil en dat mens se lewe nie meer daar veilig is nie. Baie realisties geskryf, Amanda.
Dankie baie Anze ek waardeer jou stilstaan hier.
Ja Johan dit is verskriklik hartseer om hierdie inkopieparadys van eens so te sien verval. Selfs die middestad is nie meer veilig nie. Ek het vir die Openbare Biblioteek in Johannesburg gewerk; wat 'n doolhof van gangetjies en geheime was daar weggesteek. Ek wonder of dit darem ooit nog dieselfde is.
Baie dankie Driekie. Ek het al my langspeelplate daar by ’n groothandelaar gekoop. Sal nou nie eens waag om daar rond te loop nie.