Amanda Ahave De Meillon

Amanda Ahave De Meillon

Amanda is op 27 Desember 1966 in Potchefstroom gebore. Sy verhuis na Johannesburg in Augustus 1981 en voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Braamfontein. Sy verwerf ’n sekretariële diploma aan die Witwatersrandse Techikon. Haar debuutbundel Seisoene sien die lig in November 2018 (selfpublikasie). Sy is ook lid van INK skryf in Afrikaans Silwerklas. Sy bloei haar hart op papier.

Hillbrow

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-10-06

"in ’n doolhof van granietgeboue 
onder puin en menslike afval 
skuil die doodsengel" 

Watergraf

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-09-15

"eensaam alleen gooi sy haar hande na bo 
in die fynsproeitrane 
van die oseaan ..."

Golgota

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-07-08

"terwyl die reuk van dood
aan drie houtkruise hang
sak die nag soos ’n roukleed neer"

Verligting in die dorsland

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-03-31

"die wolke huil al heelnag
oor die koepel van my huis se dak"

Lofdans in die skemer

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-02-19

"in die veerligte lenteblomme
teen die hange van die heuwels"

liefdesverraad

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-02-12

"ek het vir jou ’n roos gepluk
uit die blomtuin van my hart"

Top