Golgota

  • 6

Fotobron: Canva

Golgota

aan ’n bloeddeurweekte kruis
hang ’n man
uitgestal soos goedkoop Joodse ware
deur sy polse die rou staal
van timmermanspykers
taai druppels bloed
geskeurde vel en splinterbeen
onder ’n rooigevlekte witdoringkroon
rou gebarste lippe
smagtend en dors
pleit hy nogmaals
Vader vergeef hulle
terwyl die reuk van dood
aan drie houtkruise hang
sak die nag soos ’n roukleed neer

  • 6

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top