
Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied hierdie jaar ’n digkompetisie aan waarvan die beste gedigte in ’n bloemlesing, INKSPRAAK I, gepubliseer word. Daarna word beoog om elke jaar verdere bloemlesings te publiseer. Die INKSPRAAK-bloemlesing word te koop aangebied. Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehaltepoësie in Afrikaans. Besoek die webwerf om meer van INK te lees: www.ink.org.za.
Amanda de Meillon berig oor die toekenningsgeleentheid.
Sopnat gala-aand ’n reusesukses
Pretoria is nat! Donker wolke bol saam op die horison en dreig kort-kort grommend om emmers leeg te maak oor die Jakarandastad. Gelukkig kan ons dubbelkajuit die glibberige grondpad hanteer. Suri het so waar as wragtig weer haar stoute skoene aangetrek en ’n ompad na die lokaal toe beduie. Sy giggel stuitig “Your destination is on the right” terwyl die bordjie duidelik wysvinger na links. Ons volg maar liewer die bordjie. Die string motors wat agterna tou, bewys ons reg.
“Waar is die kleedkamers?”
’n Koor stemme klink benoud op vanaf die parkeerarea. Vroue knyp hulle rokke in hul hande vas terwyl ander modder van hul kuite vee.
“Hel, ek is bly dis nie beesmis nie.”
Die groep verdwyn in die rigting van die onthaallokaal. ’n Sprokiestuin ontvou. Helder groen blare. Fonteine. Wegsteekvoetpaadjies. Rose en rankplante. Die saal self ’n lushof. Kristalkandelare skep ’n romantiese atmosfeer in die dofverligte saal. Oral staan mense en gesels. Elkeen ’n glasie verwelkomingsjerrie in die hand. Die atmosfeer is gelaai met opwinding.
Charles Thompson verwelkom die gaste en open met ’n toespraak oor Ink.
|
Charles Thompson: Ink Skryf in Afrikaans is jou stem in jou eie taal. Dit gee elke skrywer en digter die geleentheid om hul hart te deel deur die verskillende kategorieë. Ink Skryf in Afrikaans is ook vir die uitbreiding van Afrikaans en om die liefde vir die taal te behou te midde van die druk buite die landsgrense. Dit is die breinkind van Anzé Bezuidenhout. Dit is haar doel om die taal ’n prominente fokuspunt te maak en alreeds behaal dit erkenning wêreldwyd. Ink het tans lede in 12 lande oor die wêreld. Haar toewyding en passie is sigbaar, haar dryfkrag die spil waarom als draai. Sy sorg dat alle administratiewe take agter die skerms tot die beste van haar vermoë hanteer word. Daagliks word nuwe lede by die webwerf gevoeg waar hulle hulle kan uitleef deur woorde gevorm uit hartseer en verwondering. Publikasie van skryfwerk word in elke afdeling aangemoedig, gelees en geëvalueer. Die terugvoer van haar en die bekwame moderators van INK is waardevol en leersaam vir elke INK-lid. |
Anzé Bezuidenhout behartig die bedankings. Francois Meyer lewer ’n kort toespraak en Lee, oftewel Feetjievrou, vermaak die gaste met uitmuntende sang.
Susan Grobler was die hoofbeoordelaar vir die digkompetisie. Gedigte is anoniem deur haar en die INK-span beoordeel.
Toekennings en trofees 2020
Eretoekenning: Postuum toegeken
Meesterdigter – Carma Shaw
Caren Kearley ontvang die trofee namens haar familie.
Gedigte
Brons
3de plek: Genade – Paula Paxton
2de plek: Formidabele vrou – Driekie Grobler
Wenner: Asem – Elmarie Nienaber van Kampen
Silwer
3de ple: Laat lente-spook – Morne du Preez
2de plek: Rooiwyn – Andries Fourie
Wenner: Sannie Verwey – Amanda de Meillon
Goud
3de plek: Verskroeide land – Anzé Bezuidenhout
2de plek: Sprake van hoop – Carma Shaw
Wenner: Metamorfloos – Caren Kearley
Rubrieke
3de plek: Liewer laat as nooit – Kiekies
2de plek: Goue handboeie – Ano
Wenner: Inperkingstyd – Marlene Erasmus
Artikels
3de plek: Egbreek se gevolge – Suzette Strydom (Palet)
2de plek: Die ontstaan van die limeriek – Marlene Erasmus
Wenner: Geraas in die agtergrond – Ano
Verhale
3de plek: Die groen sak – Helena Mellet
2de plek: Sigaar meisie – Ronel Janse van Vuuren
Wenner: Verdwyning van die SS Waratah – Riaan Palmer
Gorrel
3de plek: Wense vir môre – Elna Kruger
2de plek: Mev Dominee en die ekstra kollekte – Amanda de Meillon
Wenner: Lag is die beste medisyne – Marlene Erasmus
Aanmoedigingsertifikate
- Zebulon Koch
- Annamarie van der Merwe
- Recayla Blom
Digter van die jaar
Caren Kearley
Skrywer van die jaar
Riaan Palmer
Digkompetisie
Afdelingwenners
- Ballade – Francois Meyer, “Ontknoping van die ewigheid”
- Elegie – Francois Meyer, “As skoenlappers groet”
- Fabel – Amanda De Meillon, “Nanonos in die Gwarriebos”
- Haikoe – Drienie Kelly, “Bloedmaan”
- Kwatryn – Carmen Edwards, “Pottebakker”
- Rondeel – Caren Kearley, “Nagspoor”
- Sonnet – Pieter Mostert, “Kalahariwoestyn” (Italiaanse sonnet)
- Vryvorm en rym – Martie Bezuidenhout, “Vlindersterk liefde”
Naaswenner – Drienie Kelly, “Die stilte huil bloed” (Elegie)
Algehele wennner – Bonita van der Berg, “Die blaretapyt val” (Rondeel)
Op 1 Maart 2021 skop INK af met ’n splinternuwe digkompetisie wat 2020 s’n gaan oortref.
Luide applous val neer op die dak van die onthaalsaal. Die hemel vereer elke digter en skrywer met oorgawe.


Kommentaar
Baie mooi geskryf. Ek kon netsowel daar gewees het.
Amanda jy het die gala aand so mooi beskryf dat mens voel of jy dit weer herleef. Baie dankie.
Het dit baie geniet, baie geluk
Wat ’n lieflike geleentheid was dit! Dit was vir my ’n voorreg om deel te wees daarvan en ’n eer om my toekenning in ontvangs te neem.
Anze en INK skryf in Afrikaans, verstaan digters- en skrywersharte, en is goud werd vir elkeen wat in Afrikaans wil skryf!
Groot voorreg en eer om deel te kan wees van hierdie uitsonderlike geleentheid. Baie dankie Anzé en Ink asook Amanda vir die insiggewende berig.
Baie dankie Deidre. Volgende jaar maak ons weer so