ek het vir jou ’n roos gepluk
uit die blomtuin van my hart
sorgvuldig het ek dit gevoed
met die trane van my smart
elke druppel het ek bakkieshand
versigtig opgevang
om oor die bloedrooi judasroos
se kelke te kan hang
in jou uitgestrekte hande
het ek die roos geplaas
jy die hartsverraaier
en ek die stille dwaas
ek het vir jou ’n roos gepluk
uit die blomtuin van my hart
met die wete dat jou judaskus
my lippe koggeltart



Kommentaar
Dis 'n sielsmooi gedig.
So beautiful. Can feel the pain.
Pragtig, netjies gedoen.
Ek is Engelssprekend. Ek lees nie baie Afrikaans nie maar hierdie gedig is soooo mooi en het diep in my hart gekruip. Amanda ek sien jy skryf uit jou hart.
Ek lees nie baie poësie nie maar hierdie gedig is uitstekend, uit dir hart geskryf, mens voel sommer die skrywer se pyn.
Wow daars soveel in daai woorde weggesteek. So hartseer en mooi terselfdetyd.
Hou aan skryf Amanda, jy weet verseker hoe om woorde saam te voeg.
Pragtig geskryf!
Hierdie boek het my in trane gahad. Baie goed.
Wow. Hartbreekmooi.