Troebadoer-swerwerskind

  • 3

Foto: Canva.com

Troebadoer-swerwerskind

my voete rus by Lambertsbaai 
in die see se salwende sus 
ek gooi my hare in die wind by Kaapse punt 
gee my hart vir die Knysna-bos 
dan volg ek die paadjie al langs die kus 
tot by St Francisbaai 
waar die golwe teen die rotse klots 
het my paadjie weer gedraai 
my spore trap diep deur Beaufort-Wes 
ek verloor my siel in Namakwaland 
tussen daisies en kleurvolle blomkaros 
kon ek my sorge agter los 
by Aggenys swaai ek na Pofadder 
verby Kakamas en Kathu 
my stewels smelt teer deur Kuruman 
my roete is onbeplan 
ek kussing my hoof by die Apiesrivier 
met die Jakarandas pers in blom 
dan skuif ek na Blyderivierpoort 
nou raak my siel in vervoering stom

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top