Verligting in die dorsland

  • 2

die wolke huil al heelnag
oor die koepel van my huis se dak
so asof hulle die stof van die winter weg wil was
hul vol traandruppels plons en drupval                    
staccato tot ’n crescendo
oorverdowende meesterstuk
in pas met die ritme
van die blarekoor
in die treurwilger
langs die dam
klein druppel trane
dans en baljaar
op die ritme van ’n eeue-oue wals
terwyl ons in jubelsang
’n pryslied uitspreek                                                                   

dankie Here!
die droogte is gebreek 

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top