Kommadagga – hier is ons deelnemers

  • 7

Die deelnemers aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 onder leiding van Rachelle Greeff op Somerset-Oos aangebied word, is bekendgemaak.

Vyftig inskrywings is vir dié projek, wat fokus op skrywers wat hulle met die kortkuns besig hou, ontvang. Daar is intussen besluit om ses kandidate by die slypskool te akkommodeer, en nie vyf soos aanvanklik beplan nie.

“Toe ek lees hoe bly elkeen van die gekose skrywers is oor hierdie asemskep en kopneersit in die oop lug van die Oos-Karoo, het my eie hart ’n springboksprong gegee,” sê Etienne van Heerden, LitNet se stigter-redakteur. “Ek is bly dat ons by LitNet en die Gerwel-span kon saamwerk om hierdie slypskool te vestig – en dit met ’n ervare mentor soos Rachelle Greeff.

“Baie dankie aan Theo Kemp van die Gerwel-stigting vir die samewerking.”

Theo Kemp sê: “Die belangstelling in die slypskool, en die gehalte van die inskrywings, was so oorweldigend dat ons nie maklik ’n besluit kon neem nie. Dit is om hierdie rede dat ons ses kandidate – in plaas van die beplande vyf – gekies het. Dit is uiters bemoedigend om te sien dat hierdie projek, wat ons vanjaar vir die eerste keer aanbied, reeds so ’n groot behoefte aanspreek.”

Vir Rachelle Greeff is die gehalte van inskrywings inspirerend: “As dit prakties haalbaar was, kon die eerste Kommadagga-slypskool twee, drie keer soveel aansoekers uit die geil lys geoes het. Dit gaan heuglik uitdagend wees om met dié ses uiteenlopende beginnerskrywers te werk.”

Die deelnemers

Regardt Visser

Regardt Visser het vir 18 jaar op die visserdorp Velddrif gewoon voordat hy taal en kultuur aan die Universiteit Stellenbosch gaan swot het. Daarna het hy ’n honneursgraad in draaiboekskryf en regisseurswerk voltooi. Tans werk hy as skrywer en regisseur in die teater- en filmbedryf. Onlangs het hy draaiboeke vir Binnelanders begin skryf.

“Stories was nog altyd die currency waarmee my familie en dorp operate – ’n unspoken kompetisie onder mekaar,” sê Regardt. “Ek onthou pouses by die skool waar jy almal van jou naweek vertel het soos ‘Wa-wa-wag, daai’s nog niks. Hoor dié een’, en daai vertelling jou grootste asset was.

“So of ek nou vir teater, TV, sepies, movies of boeke skryf – dit maak nie saak nie. Ek’s net lus vir ’n goeie storie. Kortverhale was nog altyd my voorkeur en ek sit nou al lank met hierdie idee vir ’n eenheidsbundel.”

Regardt het homself aan die begin van die jaar belowe dat hy vanjaar iets van sy skryfwerk gaan probeer maak. Die digter Ryan Pedro, wie se Pienk ceramic-hondjies onlangs verskyn het, het Regardt van sy ervaring by Paulet Huis vertel en hom aangemoedig om vir die Kommadagga-slypskool in te skryf.

“Ek het begin bewe toe ek die mail van Theo ontvang. Ek soek nog heel jaar na so ’n geleentheid. Ek’s dankbaar vir die Jakes Gerwel Stigting vir hierdie spasie wat hulle geskep het, waar hulle belê in skrywers, stories en stemme van uiteenlopende agtergronde.”

Regardt se idee vir ’n kortverhaalbundel kan nou vlerke kry tydens die residensie. “Al my gunstelingboeke, soos Chinatown, Oolog en Pienk ceramic-hondjies is by Paulet Huis geskryf. So om te dink ek gaan in daai selfde spasie sit en skryf, maak my nervous en opgewonde terselfdertyd.”

Theolla Langenhoven

Theolla Langenhoven is ’n persoonlike assistent van Belhar wat lief is om ander mense se stories wat nie normaalweg geskryf sou word nie, te vertel. “Ek hou verskriklik baie van gemeenskapswerk. Dis waar ek my stories vandaan kry, maar ook ’n klein verskil in ander se lewens kan maak.”

Sy skryf kortverhale, rubrieke en meningstukke, “want dis kort en kragtig en help jou om met min woorde die storie oor te vertel waarby die ‘audience’ van die spesifieke medium baat sal vind”.

Tans fokus Theolla meer op verhale wat in die bruin gemeenskappe afspeel, maar sy glo die ervaring by die Kommadagga-slypskool sal haar fokus en kennis verbreed.

“Ek was oorstelp toe ek ingelig is dat ek die slypskool gaan bywoon,” vertel sy. “As skrywer is ek ’n ‘late bloomer’, dus is dit vir my ’n eer en groot voorreg om hierdie geleentheid wat fokus op my gunsteling-genre, by te woon. Ek sien baie uit om te leer by Rachelle Greeff, want sy is een van die beste.”

Zubayr Charles

Zubayr Charles grew up in the beautiful Bo-Kaap neighbourhood. For the past three years he has been teaching English Home Language, as well as co-ordinating the Drama Club at Good Hope Seminary Girls’ High School. “But I have always dreamed about being a writer,” he says.

“I write short stories, but I also consider myself a poet, playwright and an aspiring author. In 2019 I showcased my first play dealing with gender-based violence, The Battered Housewives’ Club.” Zubayr is in the process of self-publishing a poetry anthology based on the gentrification of the Bo-Kaap. He is studying for a Master’s degree at UCT, specialising in creative writing.

“I have learnt that reading is subjective and people can either really like or dislike one’s writing, so I wasn’t sure how the panellists would respond to my submission. When I received the good news, it was humbling because, although I’ve grown more confident in my writing, I wasn’t sure about the reaction I would receive.”

Zubayr was very nervous about sharing his work with the Kommadagga-panellists. “The short story I submitted deals with many taboo issues that millennials struggle with in Cape Town today, which older and conservative generations might not understand.

“I am extremely honoured to be a part of this programme and I hope to improve my writing in order for me to continue sharing stories of those marginalised in Cape Town today.”

Stef Cupido

Stef Cupido woon op Wellington en is die ma van ’n 12-jarige dogter. Sy is mal oor diere en musiek. “Ek is eerstens ’n skrywer, dan ’n digter. Ek skets ook graag bome en die natuur, maar ek beskou myself as ’n amateur.”

Sy fokus tans op haikoeverse, kortverhale en die digkuns. “Ek het in 2018, toe ek besluit het om voltyds te skryf, verlief geraak op die haikoe. Ek het toe Falling poems gestig, ’n kollektief wat digkuns in al sy vorme bekendstel. Die projek is op Nelson Mandela-dag, 18 Julie 2020, met die Illustrated haiku collage about social distance & corona virus geloods.

“Toe ek die nuus ontvang dat ek vir die Kommadagga-slypskool gekies is, was ek so geskok! Ek was by die internetkafee en het my hande op my gesig gesit van blydskap! Ek het net my kop bly skud en die mense om my het seker gedink ek het bejossie geraak!”

Stef sien daarna uit om nuwe stories diep binne haarself te ontdek. Sy kan nie wag om medeskrywers te ontmoet en gesprekke te hê met mense wat ink in die bloed het nie. “Hierdie projek bring vir my meer selfvertroue; ek hoef nie meer te twyfel nie.”

Sandile Ntuli

Sandile Ntuli describes himself as “an active dreamer”: “I believe in pursuing my dreams, as opposed to passively watching them pass me by.”

He has a twin brother, Andile, and they were born in Emalahleni (formerly Witbank) in Mpumalanga 28 years ago. “I read English news between noon and 3 pm, and co-present the actuality programme The ego trip during the week on the campus radio station, UJFM.”

Sandile alternates between fiction and non-fiction and his opinion pieces on a number of topics, including politics, have appeared in The Star, Citizen, Sowetan and Mail & Guardian. Some of his short stories have been published in Drum.

He holds a National Diploma in Small Business Management and a BTech degree in Management Services from the University of Johannesburg. “I am a bold Leo, currently learning Chinese, and I naturally write in my spare time. When I put down my pen, I pick up a spatula in the kitchen. Johannesburg is my current heartland.”

To have been chosen as one of the writers to benefit from the Jakes Gerwel Foundation’s Kommadagga writing workshop is a dream come true. “It validates my right to dream and gives me the permission to write the way I write. It literally took me a few days to process the news. I can’t wait to meet the other aspiring writers who have the same fire that keeps me awake at night, because they too have so much to put on paper.

“I am so excited to meet and work with, and be mentored by Rachelle Greeff. I need to stock up on new tools for my writing toolbox, and this workshop will give me that because there are fiction and non-fiction books waiting to have my name on them. Scripts for radio, television and theatre that live only in my head for now will finally see the light of day.”

Helena Troskie

Net voordat Helena Troskie die goeie nuus ontvang het dat sy vir die Kommadagga-slypskool gekeur is, was haar kleinkinders vir ’n week lank by haar op Jeffreysbaai. Sy het die boodskap, wat die Maandag aan haar gestuur is, eers die Woensdag ontvang. “Dié oggend word ek heerlik stil en alleen wakker. Vir die eerste keer in dae dink ek aan die slypskool. So met die opstaan gryp ek my bril en my selfoon op pad badkamer toe. Daar is toe ’n e-pos wat begin met: ‘Baie geluk! Ek hoop ek bring goeie nuus op die Maandag!’”

Sy het “’n wenronde” deur die huis gehardloop en heeltyd saggies onder haar ken gefluister: “My fokkit, my fokkit, my fokkit!”

Eers daarna, vertel sy, het sy Theo Kemp se e-pos behoorlik gelees en dadelik vyf mense gebel om haar opgewondenheid uit te basuin.

Helena het op ’n skaapplaas buite Jansenville grootgeword. In haar lewe het sy onder meer in lande soos Uganda en Ysland gewoon en gewerk. Sy skryf kortverhale en kontreistories.

 

  • 7

Kommentaar

  • Gamida Matthews

    Well done Zubayr Charles! I've watched the Battered Housewives Club at Good Hope Seminary High School in 2019 and was impressed at the well-written storyline and the cast in all their glory were excellent. ♡Singing And acting all choreographed by you, it was awesome!!! Looking forward to your next work!!!

  • Hester du Randt

    Baie geluk aan al die deelnemers en spesiaal aan my talentvol-op-menige-terreine Helena. Geniet die ondervinding baie!

  • Daleen Mulder

    BAIE geluk aan al die deelnemers! Blessings to all of you. Ek sien uit om te lees wat julle skryf. Maak gou hoor!

  • Abieda Charles

    Well done my son, Zubayr Charles. I'm very proud of your achievements and accolades which you continue to grace with your acute sensitivity and command of language. Continue to be the best at what you do...

  • Reneasha van wyk

    Congratulations, Stef. I knew you had it in you. It's in your blood your veins since day 1. You always enjoyed writing, especially poems.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top