Simpel ploegperd 

  • 2

Foto: Canva.com

Simpel ploegperd 

Vader regverdig jou koop: 
“Hoe kan ons dag na dag 
wingerdonkruid ontwortel 
sonder perdekrag?” 
Maar al wat jou laat runnik 
is merries wat steier en vra 
want mý kyk jy mis as ek soggens 
jou mielies stal toe dra.

As ek smiddae jou kop in die halter vang 
is jy papnat, reeds klaar geploeg 
en van trek aan jou kop en keer vir jou skop 
is ook ek gou moeg geswoeg. 
Van jaarin en jaaruit deur wingerde beur 
word jy al hoe minder werd 
tot ons jou met die plaas en al verkoop – 
eenvoudige simpel ploegperd.

Vandag onthou ek: naweke 
op jou saal was ék die kind 
met wie jy teen Helderberg galop 
teen die spoed van die suidewind, 
en gaan ons vakansies noorde toe 
bly my hart en hande leeg 
tot ek weer jou wit bles borsel – 
hartstog van my jeug.

  • 2

Kommentaar

  • Louis du Plessis

    Dankie Driekie! En jy is iemand wat weet hoe soek mens na frases om so 'n hunkering te verwoord – wat mens lewenslank bybly.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top