
Foto: Canva.com
Swerm
Woorde sprei nie maklik
in die kwarantyn Van skedels
steek In dIe dorstige kele
Maar as Die maskers val dan tuimel
Hulle Uit die speekselneste
wYd die hemel in
om spreeus te word wat aanhou
wentel na mekaar en
wolkebeelde maak
en duik en swenk
en terugkeer eensklaps
As Oogknippende uile skuilend
op die geStrekte arms
Van afstandelike bome
om toe te kyk deur die vensters
hoe tikvingers
Van voor af dwarrel om die letters
en hoe die frommels
fladder oor die vloer
soos Dons
:die wit spore
vaN die murmurerings
diep
in Die hart
van woorde


Kommentaar
Pragtige vers die ek hou van die spraak i.v.m hoe die woorde soos spreeus wentel en swenk, dit het my laat vlug vat.
Dis mooi.
Hierdie virtuose etude besit n eie, bruisende binnelewe. Ek het ook groot waardering
vir die "puntighede" in die woordstroom. Een van die varsste, mees verrassende
gedigte hierdie jaar.
Die woordspeling is pragtig, maar die uiteensetting maak dit moeilik om te lees.