Hans Pienaar

Hans Pienaar is ’n 2018-skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels. Hy werk as joernalis vir Business Day in Johannesburg en skryf ook vir Afrikaanse media. Sy jongste fiksiewerke is Te veel sorge en My china, en sy toneelstukke The good candidate en Die wortel van alle kwaad het onlangs gedebuteer, terwyl hy ook Uithoeke (fotogedigte) geproduseer het. Hy is bekroon met ’n Rapport-prys vir Die derde oorlog teen Mapoch en die Pansa-prys vir die beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelteks in 2005 vir Three dozen roses. Hy is die stigter van die nisuitgewery altoviolet en was voorsitter van die Melville Poetry Festival. Hy is getroud met die digter Corné Coetzee en het twee dogters.

In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: mites en foute oor miteteoriewerking

Hans Pienaar Boeke en skrywers 2024-08-28

"Hoe dit ook al sy, hopelik toon al die bostaande aan dat dit denke aan bande lê om allerhande eise aan resensies te stel."

LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Hans Pienaar Resensies 2024-07-25

"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."

Drie: ’n onderhoud met Hans Pienaar

Naomi Meyer, Hans Pienaar Skrywersonderhoude 2024-01-10

"Die inspirasie vir Drie? Ek het afgekom op die werklike geskiedenis van rugby, en ontdek dat groot dele van die legende van William Webb Ellis pure versinsel was. Ek het gevoel dat hierdie dubbelslagtigheid ook in die spel self, waar so baie agter die skeidsregter se rug gebeur, gestalte kry. Ek wou ook afreken met sekere gebeure in my eie geskiedenis rondom my deelname aan geheime organisasies in my skooldae en het gedink ek moet hierdie twee strominge, die mitologie rondom rugby, en Afrikaners se onderwêreld, laat vervleg."

Suid-Afrika: een groot tuisland

Hans Pienaar Seminare en essays 2022-12-14

"Vandag word die verskuiwende identiteite wat apartheid genoodsaak het, deur die internet en sosiale media voorgeskryf; ’n mens kan redeneer dat dit ’n nuwe fase van Westerse kolonialisme is wat soortgelyke verwoesting weens die verdeling van gemeenskappe teweeg bring. In plaas daarvan dat SA ’n gelykmakende, oopgestelde republiek geword het, lyk dit asof verdeeldheid net groter is."

Resensie oor ’n resensie oor ’n resensie in 33 fragmente*

Hans Pienaar Menings 2022-12-08

"[W]ant almal vertrou op Crito; hulle is nog steeds te lui om die boek self te lees. Pleks daarvan dat Crito gou-gou self so maak, Kaap lees en wys hoe die resensent lesers na bewering mislei, skryf hy ’n ellelange ding wat niemand kan of wil klaarmaak nie en sê die onbetroubare resensent het die onbetroubare skrywer in ’n dubbele Nelson."

Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar

Naomi Meyer, Hans Pienaar Skrywersonderhoude 2022-09-15

"[D]aar (was) ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."

Skepsel deur Willem Anker: ’n resensie

Hans Pienaar Resensies 2020-11-13

"Wat ook aanklank by jou vind, is die onuitgesproke ontsag vir die groeiende omvang van die kennis wat die mens aan die uitspeel is, oor haarself en haar skepsels, en ook oor die ultrakomplekse syn. Dis die ander betekenis van die titel ..."

Ramaphosa – wolf in skaapbaadjie, of skaap in wolfspajamas?

Hans Pienaar Menings 2020-10-16

"Plaasmoorde gaan nie prioriteit kry nie; 76 000 lede van die Weermag gaan nie 'employed' word soos tydens die huidige ramptoestand om plase te beskerm nie, al stel Ramaphosa dit in dieselfde brief dat plaasmoorde ’n bedreiging vir voedselsekerheid is."

Swerm

Hans Pienaar Poësie 2020-10-05

"Maar as         Die maskers        val        dan      tuimel 
Hulle        Uit        die       speekselneste   
wYd die hemel     in"   

Die effek van COVID-19 op skole: ’n onderhoud met Liesel Ebersöhn

Hans Pienaar, Liesel Ebersöhn Onderhoude 2020-08-26

"Die gemak met verandering. Dit is ewe skielik so deel van jou onmiddellike omgewing, die feit van verandering. Onsekerheid is normatief, dit is normaal."

Donald Trump, die koronavirus se beste vriend

Hans Pienaar Seminare en essays 2020-04-16

"COVID-19 is niks nuuts nie – dit bevestig ’n ou waarheid: dat virusse ’n sentrale rol in die mens se evolusie en geskiedenis speel. Daar is geen nuwe normaal nie, net die menslike ekologie wat sig laat geld. Al Trump en ander wêreldleiers se pogings om die siekte te gebruik om hul mag in te grawe, gaan tevergeefs wees as hulle en hul volgelinge se narratiewe selfgesentreerd bly en die helfte van die aardbol gaan ignoreer of uitsluit."

Twiets vir Afrika: Aktualiteit en potensialiteit in Die biblioteek aan die einde van die wêreld 

Hans Pienaar Seminare en essays 2020-03-25

"Wat my aangespoor het tot die lesing wat hier volg, is hoe die idee van aktualiteit soos dit in die filosofie voorkom, sig uitspeel en lig werp op wat ’n bedrewe en dinamiese roman wel in die openbare debat kan doen."

Kom ons hou kommissie met FW

Hans Pienaar Seminare en essays 2020-02-17

"Dit is ook waar dat De Klerk sy Nobelprys verdien het, maar met sy stigting se ontkenningsindroom plaas hy homself in dieselfde kategorie as Aung San Suu Kyi, die Nobelpryswenner en Birmaanse president wat haar magte se optrede in die etniese suiwering van die Rohinga probeer goedpraat."

Buysdorp, Red Dog en ’n besinning oor die geskiedenis

Hans Pienaar Seminare en essays 2020-01-30

"Vir my maak besinning oor die kwessie ’n ander dimensie oop: Is die Anker/Whyle/McCarthy-projek nie ’n bevestiging van die transkontinentale aard van ’n deurslaggewende periode van gewelddadige kolonialisering van mense wat as wit mense se minderes beskou is nie?"

Skote in die nag: Drie maal om die blok

Hans Pienaar Menings 2020-01-14

"Die eksentrisiteit van Melville was te siene in die feit dat die land se voorste intellektuele kon karaoke sing by Poppy’s op Maandae terwyl ’n transaksie in die onderwêreld op ’n sypaadjietafel gesluit word."

Top