Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Ligdoop

Margaret Cordier Poësie 2020-06-19

"herinneringe wat ek lees 
in foto’s van onthou 
waar son 
baldadig oor alles vou" 

André Tanneman se tronk

Izak du Plessis Fiksie 2020-06-15

"André Tanneman het breëbors tussen al die gejil deur gelag. 'Julle mag maar kyk. Ek weet my Ansa maak die manne mal. Maar weet net, ek is die man wat vanaand langs daai lyf mag inkruip.'"

Honourable discharge – José se riem

Berdéhan Brand Fiksie 2020-06-11

"Hy wikkel sy arms en kyk na die boeie wat sy polse vasklem. José Duarte, sestienjaar oud. Poging tot moord. Eerste oortreding. Graad tien. Verwys na Tokai-verbeteringskool. Twee na drie jaar. ’n Relatiewe standaardverwysing, dink ek." 

my eie stem

Christo Meyer Poësie 2020-06-11

"ek weier om innie skadu 
van famous digters ‎te beweeg 
ek het my eie style 
my eie stem"

Inkpenliefde

Andries Fourie Poësie 2020-06-11

"Nou hoe gemaak ter elfder uur 
as die volmaan deur my venster tuur" 

Die windpomp

Morné du Preez Poësie 2020-06-11

"die gorras blink droog,
dors tortelduifies knip oog
die kraaie kras tussen die kanotgras"

Hillbrow-oë

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-06-11

"onheil onverskans
in hierdie stom-vuil
spasies wat geluidloos
met blinde oë vlerk"

Skryf in vir 2020 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse

LitNet Skryfsake en rubrieke 2020-06-08

Boekresensente word genooi om in te skryf vir die 2020 kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende resensies in Afrikaans van Afrikaanse boeke bekroon word.

Estie

Cordier de Beer Fiksie 2020-06-08

"Nog nat agter die ore en met die enigste knopieshemp in my besit, daag ek toe semi-stiptelik op vir die onderhoud by my eks-baas, die gesiene meneer Pheifer – ’n man só lank, hulle kon hom maar net sowel meneer Sevener genoem het."

Afwagtend

Helena Mellet Fiksie 2020-06-08

"Die Noordwes gaan weer amok maak en Landi is te broos vir sy weeklaag teen die ruite. Sy is broos, punt. Sedert sy begin siek voel het, bly die trane vlak. Hoe dit ook al sy, Landi kom agter haar mense baklei die laaste paar dae net so hard teen die negatiwiteit."

Magda

Jaco Fouché Fiksie 2020-06-08

"Sy kom tegelyk waaksaam en verwond voor. Haar boesem en heupe verleen iets vorstelik en byna onvanpas sensueel aan haar. Dis die soort gedagte wat ’n mens oor jou tannie kry en dadelik doodtrap."

Drie in ’n ry

Dawid de Villiers Fiksie 2020-06-04

"Ek moes hom begrawe en die teks was: 'Is daar nog hoop vir my?'"

Draai my toe

Deon Swanepoel Poësie 2020-06-04

"Anderkant die grafkelders wag Hy
sprinkel my met hisop
dans my tot voor die ark"

Twee gedigte deur Margaret Cordier

Margaret Cordier Poësie 2020-06-04

"vry van sweet en bloed
’n nuwe aarde 
vrygekoop"

Tao

Nico van Rooyen Poësie 2020-06-04

"dra nog ’n bietjie sekelbos
na hierdie vuur
hy moet sy afsterf ook ken"

Benodig

David C Jantjies Poësie 2020-06-02

"Wat ons nou uiters nodig het is
Manne met murg in hul pype 
Manne met knap koppe
Manne met ysterbene
En vastegreep-arms"

Vleis-en-hopies-wol

Jannie Pretorius Poësie 2020-06-02

"By die kerk
én in die malhuis,
in Mpumalanga én Modderrivier én Umfeleni
lê vleis-en-hopies-wol."

Greep

Zirk van den Berg Fiksie 2020-06-01

"Ek is nuuskierig, en braaf van die bier. Kinders gaan van verskillende goed dood. Hulle kry ’n virus, die een of ander aangebore kwaal knou hulle, of hulle stik aan ’n vitamienpil."

Die liefde

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"So staan jy onder die stomme kaart,
rekord van stasis en van vaart."

Satori in ’n hap soja-mince

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"Ruik die diep asem van die fabrieke
hoor die knars van die metaal in die oes
my kake wil my van die binnekant af
opvreet."

Top