
Foto: Canva.com
Vryburg
Nog eenmaal wil ek
kaalvoet in die rooi sand staan
van die wye grootwordplek,
waar my jeug gevorm het.
Nog eenmaal wil ek
die Kalahari-veld kan ruik,
duwweltjies groen en geel die grond oortrek
waar vaal- en rosytjiebos koppig droogtes dra.
Nog eenmaal wil ek,
waar herinneringe van jare draal
en trane van verlange lek
wil ek myself wees, weer gaan haal.
Nog eenmaal.


Kommentaar
Ek kan nie help om te wonder of hierdie vers van jou biografies van aard is nie. Ek ken daai wêreld goed want ek is van Christiana en het altyd so af en toe ook op Vryburg gedraai. Dan ken ek ook vandag nog mense van daardie wêreld, met wie ek kontak het. Dit is ook 'n omgewing waarvan ook ek baie hou, en herinneringe aan het, hoewel Vryburg die dorp self is deesdae 'n nes van misdaad en dwelms en bendes. Net maar 'n skadu van sy ou glorieryke self. So is elke klein dorpie mos maar deesdae.
Pragtige plek en mooiste woorde.
Dankie vir opmerking. Ja, ek het was ’n tydjie gelede hartseer oor hoe dit middedorp verval het. Eintlik is die gedig ’n droom oor wat was.