Geblus

  • 2

Foto: Canva.com

Geblus

omdat my môre soek is 
sal voëls nie weer vir my klink 
soos in my laaste goeie uur 
wat gelowig gegroet het nie

wyl harsings en werwels 
die volgende sonopkoms 
pragmaties sou kon gryp 
het ek liefs stil ondergronds stagneer

donker het om my geword 
toe my oë se weerlig nie meer 
wou slaan waar water wemel nie 
te diep; te alles; te nie

hier strek droogte 
so ver oor kaal vlees 
dat my blote bestaan 
seer skrik – ’n gebluste gees

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top