doller vinniger

  • 0

Fotobron: Canva

doller vinniger

lewe die web, die $ en 5G!
met hierdie jongste generasie
verskyn die aanlynmaan
vinnig en druk ’n donker bos
uit die definisie

die maan maak my monitor
vol ligte lig vlasagtig
vleiend oorgestuur
(baai my besige sosiale gesig):

ek beloof jou nou ek is darem lief
vir my gereelde skoot
natuur

lewe die web, die $ en 5G!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top