windgedagtes vir die suidpunt
2026-02-13"wanneer die swart suidooster vol venyn gespier
die land verwaai
en die maan op haar manier
hierdie nedersetting se gety omdraai"
Lot onthou 'n probleem
2025-04-10"strammerig soos ’n remskoen aan Sy hand
weg van die huis af en haar hoenderhenne
uit oor die werf kon begin te loop"
nogmaals ’n Kaapse ma
2024-07-11"’n paar nuwe palmbome van plastiek staan donker oor hul sterfplek"
O oervaders, o oermoeders, dis tyd
2024-05-16"maar hoe pluis jy ooit die statistiek en taal uit jou prehistoriese verskiet?
o oervaders o oermoeders"
Kolibrie en Walvis
2024-03-20"hulle deel duidelik dieselfde oeroue prinsiep
volmaak volgens skaal
en praat so saam met ons onderliggend ’n enerse voorverbale taal"
Die leeu
2024-02-07"sy stywe skrede het die oerregie se ritme van ’n koning
wat aanstryk oor inkleding van polle gras met volle selfvertroue"
Dit is volbring
2023-08-10 "kruis en dwars
tegnies geteiken en toe verdoem
tot tombe vir die maan
se getye in pekel"
Gedagtes oor tronkaantekeninge
2023-04-13"die revolusionêr noteer daar: in maart 1932 se l’italia che scrive skrywe luigi tonelli
oor pietro mignosi se boek epica e santita, en tonelli wat opmerk
hoedat die werk ’n pragtige kanto bevat"
Kankergrond
2022-12-01"die man daar agter se stem is hees
maar die metaal hier voor dreun fors
ja, ystergewas op ystergewas"
mens, garneer jou prioriteite: ou skeepvaartgebruik
2021-02-18"die eintlike eksepsie –
(met eeue se ervaring van geen garnering
dit weet die meeue)
– vir ’n skeepsvrag
bestaande bloot uit ’n klomp slawe"
Wat wou
2020-08-05"daar was die agtermiddagradioprogram se arias
die sang van tenoor teenoor die sang van sopraan
om op te reken"

