kankergrond
(ná die aanhoor van ʼn metal-opname uit duitsland)

Foto: Canva
hoor die galopkanker se riff op kitaar
daar slaan ’n slag op ’n konka
ystergewas teen ystergewas dan
van krag tot seminale krag
nog ’n slag op die konka slaan
en rond en bont slag na slag vonk
tot onder in die grond
die man daar agter se stem is hees
maar die metaal hier voor dreun fors
ja, ystergewas op ystergewas
hoor dan die kanker galop van kitaar

