Wil jy wed dis aksiomaties

  • 1

Foto: Canva

Wil jy wed dis aksiomaties

(vir die fleur-de-lis)

sin van bewussyn
syn van besin
begin van als wat sing

die maan se blom
verdig die dag
kineties

a, die magnetiese lig-
blou iris

***

oor die ridder met die wit mou
se mees individuele begeesteringsdrif
(reg agter sy waarste swaardhou)
net so is dit

en die dag verdig kineties

o magnetiese lig-
blou iris

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top