
Foto: Canva
windgedagtes vir die suidpunt
’n struisbaaiseemeeu dobber rustig
dobber wit
op die mak spieëlvlak van die water
genoeë in die namiddaguur gekraal in sy oë
maar van onder reeds versprei die donker
en nou al binne sig
trek hier werklik ’n front op te haastig
en al skuinser kaats die dag weg later
sal jy voor nagtyd meeu regkom op jou rots
wanneer die swart suidooster vol venyn gespier
die land verwaai
en die maan op haar manier
hierdie nedersetting se gety omdraai

