
Foto: Canva
Die leeu
kyk net na die verskyning van hierdie leeu soos op ’n verhoog
of ’n stel sy stert septer swart klos boontoe vir ons oog
sy stywe skrede het die oerregie se ritme van ’n koning
wat aanstryk oor inkleding van polle gras met volle selfvertroue
sy ryk strek ver verby die lappie bosveldsentiment wat dien –
besete uitgemeet vir hom – as geopolitieke woning
kyk nou deur die leeu na die patroon wat jy kan sien

