Wat wou

  • 0

Fotobron: Canva

wat wou

daar was die agtermiddagradioprogram se arias
die sang van tenoor teenoor die sang van sopraan
om op te reken
(maar)
baie selde toe nugter weet ooit ’n duet
op daardie program

dit was nie wie trek die gordyn toe nie
dit was elke sondag tussen drie en vier

daar was die radioprogram se bekende arias
maar wat wou sy
nugter weet

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top