Hoogty

  • 0

HOOGTY

Foto: Canva

jy hoor jong dolfyne
koes weg uit valsbaai
laat die versteurde oues
agter in die vuil
en die gemors met die geraas

asof kadawers nou jeuk van die dood
skuur die dooie
robbe
wat by kalkbaai in die hawewater
dobber
aan teen die harde
rompe
van visserskuite

vir foto’s tel toeriste by boulders
heel klein pikkewynkuikens effens
van die strand af op
pas uitgebroei
maar sonder voete

aan die kuslyn van kampsbaai
word riool met springgety
siedend verder uitgewerp
land in
na die naaste mense

die see begin teruggee
dit wat ons aan haar bemaak het

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top